Lambertsbaai is geleë aan die Weskus van Suid Afrika
ongeveer 290 kilometer vanaf Kaapstad. Die vissers-dorpie het
deur die jare ontwikkel as n gewilde vakansieoord.
Die hawe en Voëleiland is n gewilde
besienswaardighede wat jaarliks deur duisende vakansiegangers
besoek word. Seker die grootste trekpleister is die alombekende
Muisbosskerm -n buitelugrestaurant met n groot verskeidenheid
seekosse en tradisionele Sandveldse geregte.
Die area het n gematigde klimaat vir die
grootste deel van die jaar, wat die dorp die ideale uitspanplek
maak vir oud en jonk.
Die hoof toegangsroete is die N7 vanaf
Kaapstad tot by Clanwilliam neem vandaar die R364 in n westelike
rigting tot by Lambertsbaai.
Lambertsbaai is ook die ideale
vertrekpunt vanwaar n hele paar interessante dorpe in die
omgewing verken kan word.